
Beskerm olie- en gassektore vir brandstofprys - Mantashe
Loading player...
Die minister van Minerale en Petroleum Hulpbronne, Gwede Mantashe, sê die oplossing vir bekostigbare brandstofpryse is die beskerming van die gas- en petroleumsektor. Hy het gister lede van die Parlement toegespreek tydens die Nasionale Raad van Provinsies se vraag-en-antwoordsessie met uitgesoekte ministers in die ekonomiese groep. Mantashe sê binnelandse brandstofpryse word beïnvloed deur faktore soos die prys van ru-olie, geraffineerde petrolprodukpryse en die rand/Amerikaanse dollar-wisselkoers: