Soektog na vermiste vliegtuig wat sein verloor op pad na KMIA

Loading player...
'n Cessna 206-vliegtuig is nog nie gevind nie nadat dit gister kort na hy opgestyg het vermis geraak het. Die vliegtuig was op pad na Kruger Mpumalanga Internasionale Lughawe toe. Dit het om 13:23 vanaf King Mswati III Lughawe in Eswatini vertrek en om 13:37 sein verloor. Gregory Critchley van die Lugvaartkundige Reddingskoördineringsentrum, het bevestig dat daar slegs een persoon aan boord is.
17 Oct 2025 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Lowveld Torque Wars

Die Lowveld Torque Wars wil petrolkoppe 'n veiliger plek bied om te wys hoe vinnig hulle regtig kan ry. Chris de Klerk en Marloe van Niekerk gesels met Sonop Ontbyt.
21 Aug 15 min