
VK toenemend deur vyandige lande bedreig: MI5
Loading player...
Die Verenigde Koninkryk se binnelandse veiligheidsdiens, MI5, waarsku dat Brittanje 'n toenemende bedreiging van vyandige lande, insluitend Iran, Rusland en China, ondervind, terwyl die risiko vir terrorisme enorm bly. Die VK het verlede jaar 'n toename van 35-persent ondervind in die aantal verdagtes wat vir moontlike werk vir 'n vyandige buitelandse regering ondersoek is. Die hoof van die MI5, Ken McCallum, sê dit is kommerwekkend dat een uit elke vyf van die 232 mense wat verlede jaar vir terrorisme vasgetrek is, jonger as 17 was: