
ActionSA verwelkom tronkstraf vir vrou wat stiefdogter vermoor
Loading player...
ActionSA het die 23 jaar tronkstraf verwelkom wat die Mpumalanga Hooggeregshof opgelê het aan 'n Mosambiekse vrou wat haar 11-jarige stiefdogter in Maart 2015 met rotgif in roomys vermoor het. Die sewe-en-dertigjarige Clara Masinga het skuldig gepleit op 'n aanklag van moord met voorbedagte rade en erken dat haar motief vir die moord op Jennifer Gumbice, was nydigheid teenoor haar biologiese ma. Thoko Mashiane van ActionSA sê daar is 'n dringende behoefte om kinders teen sulke verskriklike misdade te beskerm: