Huishoudings trek swaar, dus swak kredietverlening-groei

Loading player...
Privaatsektor kredietverlening syfers vir Augustus is bekend. Dit het effens gestyg tot 5,8 persent op 'n jaargrondslag, vergeleke met 5,7 persent in Julie. Korporatiewe krediet het tot 10,3 persent op 'n jaargrondslag gestyg van 10,1 persent in Julie, wat deurlopende besigheidsbeleggings en bedryfsfinansieringsbehoeftes weerspieël. Huishoudelike krediet het effens gestyg tot 2,8 persent jaar-op-jaar van 2,7 persent in Julie. Kosmos 94.1 Nuus het met Ndateelela Amukuhu, ‘n ekonoom by FNB gepraat oor die vooruitsigte.
17 Oct 2025 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Sankwasa eis onpartydige dienslewering by dorpsrade

Die minister van stedelike ontwikkeling, James Sankwasa, dring daarop aan dat raadslede onpartydige samewerking moet aanneem om dienslewering te verbeter. Hy het die oproep gemaak tydens 'n inlywingswerkswinkel in Otjiwarongo, wat deur leiers van die Otjozondjupa- en Khomas-streke bygewoon is.
3 Mar 5AM 1 min

Phala Phala: Cachalia kan nie inmeng by OPOD nie

Die Ministerie van Polisie het verduidelik dat die waarnemende minister, Firoz Cachalia, nie by die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat se ondersoeke of bevindings inmeng of dit lei nie. Dit volg nadat die OPOD-verslag oor die 2020-inbraak by president Cyril Ramaphosa se Phala Phala-wildplaas in Limpopo gedeklassifiseer is. Die verslag was voorheen “Hoogs…
3 Mar 5AM 1 min

Rehoboth se krane bly (vir nou) oop

Die beplande opskorting van watervoorsiening in Rehoboth deur NamWater is vertraag, het Rehoboth se burgemeester, Jacky Khariseb, aangekondig. Dit kom nadat NamWater gedreig het om watertoevoer na die dorp te sny weens onbetaalde skuld. Teen Maart 2025 het die Rehoboth-dorpsraad NamWater 108,5 miljoen Namibiese dollar geskuld, wat dit een van…
3 Mar 5AM 1 min

Stampriet-akwifer: Mufeti beklemtoon kommer oor waterbron

Omgewingskommissaris Timoteus Mufeti sê hy staan in solidariteit met besorgde groepe soos Sauma oor die potensiële impak van uraanontginning in die Stampriet-akwifer. Tans is die primêre vrees dat in-situ loging, wat deur Headspring Investments, 'n filiaal van Rusland se Rosatom, voorgestel word, radioaktiewe en giftige materiale in die akwifer sal…
3 Mar 5AM 1 min

Dissipline sluit nie fisiese geweld in nie

Reaksie word ontvang op 'n video wat op sosiale media sirkuleer van 'n pa van Swakopmund wat sy agtjarige seun met sy vuiste aanrand. Hy het die kind ook aan die nek en arms gegryp. Die 36-jarige verdagte sal na verwagting vandag in die dorp se landdroshof verskyn. Hy staar…
3 Mar 5AM 1 min