
Politieke ontleder kap SAOG, AU oor Madagaskar
Loading player...
In die nasleep van wydverspreide betogings en 'n militêre staatsgreep in Madagaskar, het Kosmos 94.1 Nuus met politieke ontleder Ndumba Kamwanyah gesels. Hy voer aan dat wat nou gesien word, die bitter vrugte is van jare se verwaarlosing, mislukte beloftes en ekonomiese wanhoop. Hy kritiseer ook streekliggame soos die SAOG en die Afrika-unie, en sê dat hulle nie daarin geslaag het om uitgesette president Andry Rajoelina in te perk toe burgers verpletter was nie, en nou skielik skree oor grondwetlike orde.