Die landbouministerie het Vrydag amptelik die tweede fase van die Ondersteuning vir Operasionalisering van die SAOG-streeklandboubeleid, of STOSAR II, in Windhoek bekendgestel. Die inisiatief is daarop gemik om Namibië se bydrae tot streekvoedselsekuriteit, mededingendheid en landbouvolhoubaarheid binne die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap te versterk. Alfred Sikopo van die landbouministerie het meer.
AfriForum het stappe gedoen om 'n misleidende Google Maps-inskrywing reg te stel wat die Krugerwildtuin as die Skukuza Nasionale Park beskryf. Die organisasie sê slegs die Minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing het die regsgesag om nasionale parke te hernoem, en geen sodanige verandering is in die Staatskoerant gepubliseer…
Binnelandse sake-minister Lucia Iipumbu het in die parlement gesê ondanks begrotingsbeperkings maak die ministerie seker dat elke polisiestasie ten minste een kragopwekker het. Sy het gereageer op die Swapo-LP Martha Itope, wat gereelde kragonderbrekings by die Aussenkehr- en Karasburg-polisiestasies uitgelig het, en gevra het dat bystand-kragopwekkers by alle polisiestasies geïnstalleer…
Inligtingminister Emma Theofelus het die Nasionale Vergadering ingelig dat Telecom Namibia begin het om die meeste van sy oudste en oorwerkte toerusting op te knap om netwerkdiens te verbeter. Sy het gereageer op die PDM-parlementslid Diederik Vries, wat kommer uitgespreek het oor konstante diensonderbrekings en lae internetspoed. Sy sê dat…
Statistieke Suid-Afrika sê die aantal siviele dagvaardings vir skuld het met 7,4-persent in die drie maande tot Augustus gedaal vergeleke met dieselfde tydperk verlede jaar. Siviele vonnisse het met 8,7-persent gedaal teenoor dieselfde tydperk die vorige jaar. Onica Mushwana van Statistieke SA sê die data toon dat minder skuldsake verwerk…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.