Geen Tomahawk-missiele vir Oekraïne, sê Trump

Loading player...
Amerikaanse president Donald Trump en sy Oekraïnse eweknie Volodymyr Zelensky is verdeeld oor die toekoms van die oorlog in Oekraïne na hul derde vergadering van etlike ure Vrydag by die Withuis. Trump het dit duidelik gestel dat hy nie nou die Tomahawk-missiele sou verskaf wat Zelensky gesoek het nie. Kort na die vergadering het Trump 'n wapenstilstand langs die huidige gevegslyne bepleit en 'n einde aan die dodelike oorlog geëis. Zelensky het gesê die vergadering was op die punt af, maar die uitkoms daarvan kan help om die oorlog nader aan 'n einde te bring. Trump het op 'n perskonferensie in antwoord op 'n vraag gesê hy weet nie wat Russiese president Vladimir Putin nou na die tafel gebring het nie.
18 Oct 2025 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

ActionSA dreig met hof as Phala Phala gesensor word

ActionSA sê hulle is gereed om regstappe te doen indien enige deel van die gedeklassifiseerde Phala Phala-verslag gesensor word. Die verslag, wat beweerde wanhantering deur die presidensiële beskermingseenheid tydens 'n rooftog op president Cyril Ramaphosa se plaas in Limpopo ondersoek, is uiteindelik oopgestel na meer as 'n jaar van vertragings…
3 Mar 3AM 1 min

Hegseth bieg VSA oortree internasionale wette, Starmer skop vas

Verskeie bondgenote van die VSA, insluitend Brittanje, het onder skoot gekom met kritiek deur die Amerikaanse verdedigingsminister Pete Hegseth, dat hulle nie aansluit by Amerika in sy aanvalle in Iran nie. Maar, kenners spreek oor toenemende kommer uit oor die VSA wat internasionale wette met die oorlog oortree. Hy het…
3 Mar 3AM 1 min

Nored-staking is verby

Die Nored-staking het tot 'n einde gekom met die partye wat tot 'n ooreenkoms gekom het na die lynminister Wise Immanuel ingegryp het. Die werkers sal 'n 4 persent verhoging kry sowel as 'n 14de tjek. Dit kom na skole en hospitale in die noorde onder druk gekom het met…
3 Mar 2AM 1 min

Onwaarskynlik dat Iran se regime sal verander

Israel het dit duidelik gemaak dat een sy doelstellings met die aanvalle saam met Amerika op Iran is om regime-verandering teweeg te bring. 'n Voormalige hoof van die Britse geheime intelligensiediens MI6, Sir John Sawers, sê dit is onwaarskynlik dat dit sal gebeur. Sawers het met Sky News gepraat.
3 Mar 2AM 1 min