Reën voorspel in verskeie streke oor die naweek

Loading player...
Reën word plek-plek oor die naweek verwag, so moet nog nie die sambrele wegpak nie. Donderstorms word voorspel in die Khomas, Omaheke, Kunene en Otjozondjupa-streke. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Elias Aiyambo, die hoof-weerkundige by die Namibië metereologiese diens, wat die weervoorspelling vir die naweek gee.
18 Oct 2025 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

ActionSA dreig met hof as Phala Phala gesensor word

ActionSA sê hulle is gereed om regstappe te doen indien enige deel van die gedeklassifiseerde Phala Phala-verslag gesensor word. Die verslag, wat beweerde wanhantering deur die presidensiële beskermingseenheid tydens 'n rooftog op president Cyril Ramaphosa se plaas in Limpopo ondersoek, is uiteindelik oopgestel na meer as 'n jaar van vertragings…
3 Mar 3AM 1 min

Hegseth bieg VSA oortree internasionale wette, Starmer skop vas

Verskeie bondgenote van die VSA, insluitend Brittanje, het onder skoot gekom met kritiek deur die Amerikaanse verdedigingsminister Pete Hegseth, dat hulle nie aansluit by Amerika in sy aanvalle in Iran nie. Maar, kenners spreek oor toenemende kommer uit oor die VSA wat internasionale wette met die oorlog oortree. Hy het…
3 Mar 3AM 1 min

Nored-staking is verby

Die Nored-staking het tot 'n einde gekom met die partye wat tot 'n ooreenkoms gekom het na die lynminister Wise Immanuel ingegryp het. Die werkers sal 'n 4 persent verhoging kry sowel as 'n 14de tjek. Dit kom na skole en hospitale in die noorde onder druk gekom het met…
3 Mar 2AM 1 min

Onwaarskynlik dat Iran se regime sal verander

Israel het dit duidelik gemaak dat een sy doelstellings met die aanvalle saam met Amerika op Iran is om regime-verandering teweeg te bring. 'n Voormalige hoof van die Britse geheime intelligensiediens MI6, Sir John Sawers, sê dit is onwaarskynlik dat dit sal gebeur. Sawers het met Sky News gepraat.
3 Mar 2AM 1 min