
Otjiwarongo kry biomassaprojek
Loading player...
‘n Biomassa- en boskos-projek word naby Otjiwarongo beplan. Dié projek van die Global Accelerator Joint Programme, gerugsteun deur die Verenigde Nasies se Ontwikkelingsprogram, is veral gemik op werkskepping vir die jeug. Dit wil weerlose en gemarginaliseerde groepe bemagtig, en volhoubare ekonomiese groei bevorder. Die UNDP se omgewings- en maatskaplike beskermingskenner, Anthony Odongu, verduidelik: