
Forum versoek ondersoek na Ramaphosa-bewerings
Loading player...
Die Activists and Citizens Forum het 'n ondersoek versoek na bewerings dat president Cyril Ramaphosa die ontbinding van die Politieke Moordtaakspan goedgekeur het. Dit volg na die geskorste polisieminister Senzo Mchunu se getuienis voor die Parlement se ad hoc-komitee, waarin hy verklaar het dat die president met sy besluit saamstem. Die forum se woordvoerder Dennis Bloem sê as hierdie bewerings waar is, moet die president aanspreeklik gehou word vir die goedkeuring van ongrondwetlike optrede: