
SA polisie neem duisende inhegtenis
Loading player...
Die polisie se eenhede vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings het in September 2 320 verdagtes landwyd in hegtenis geneem vir verkragting, seksuele aanranding en ontvoering. Die Wes-Kaap het die hoogste arrestasies aangeteken met 536, gevolg deur Gauteng met 459 en 360 in KwaZulu-Natal. Ses-en-veertig van die oortreders het lewenslange vonnisse ontvang, terwyl 35 vir 20 jaar tronk toe gestuur is. Polisiewoordvoerder Amanda van Wyk het die inhegtenisneming van 'n 36-jarige KwaDukuza-verdagte bevestig wat betrek word by verkragtings- en roofsake wat terugdateer tot 2013: