SA polisie neem duisende inhegtenis

Loading player...
Die polisie se eenhede vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings het in September 2 320 verdagtes landwyd in hegtenis geneem vir verkragting, seksuele aanranding en ontvoering. Die Wes-Kaap het die hoogste arrestasies aangeteken met 536, gevolg deur Gauteng met 459 en 360 in KwaZulu-Natal. Ses-en-veertig van die oortreders het lewenslange vonnisse ontvang, terwyl 35 vir 20 jaar tronk toe gestuur is. Polisiewoordvoerder Amanda van Wyk het die inhegtenisneming van 'n 36-jarige KwaDukuza-verdagte bevestig wat betrek word by verkragtings- en roofsake wat terugdateer tot 2013:
19 Oct 2025 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

ActionSA dreig met hof as Phala Phala gesensor word

ActionSA sê hulle is gereed om regstappe te doen indien enige deel van die gedeklassifiseerde Phala Phala-verslag gesensor word. Die verslag, wat beweerde wanhantering deur die presidensiële beskermingseenheid tydens 'n rooftog op president Cyril Ramaphosa se plaas in Limpopo ondersoek, is uiteindelik oopgestel na meer as 'n jaar van vertragings…
3 Mar 3AM 1 min

Hegseth bieg VSA oortree internasionale wette, Starmer skop vas

Verskeie bondgenote van die VSA, insluitend Brittanje, het onder skoot gekom met kritiek deur die Amerikaanse verdedigingsminister Pete Hegseth, dat hulle nie aansluit by Amerika in sy aanvalle in Iran nie. Maar, kenners spreek oor toenemende kommer uit oor die VSA wat internasionale wette met die oorlog oortree. Hy het…
3 Mar 3AM 1 min

Nored-staking is verby

Die Nored-staking het tot 'n einde gekom met die partye wat tot 'n ooreenkoms gekom het na die lynminister Wise Immanuel ingegryp het. Die werkers sal 'n 4 persent verhoging kry sowel as 'n 14de tjek. Dit kom na skole en hospitale in die noorde onder druk gekom het met…
3 Mar 2AM 1 min

Onwaarskynlik dat Iran se regime sal verander

Israel het dit duidelik gemaak dat een sy doelstellings met die aanvalle saam met Amerika op Iran is om regime-verandering teweeg te bring. 'n Voormalige hoof van die Britse geheime intelligensiediens MI6, Sir John Sawers, sê dit is onwaarskynlik dat dit sal gebeur. Sawers het met Sky News gepraat.
3 Mar 2AM 1 min