
Patrice Motsepe wil nie ANC-president wees nie
Loading player...
Die miljardêr-sakeman en CAF-president Patrice Motsepe sê hy sal nie vir die ANC-presidentskap in 2027 staan nie, ten spyte daarvan dat hy deur partylede genader is. Motsepe het tydens die SANEF-galadinee in Johannesburg gesê Suid-Afrika het nie 'n ryk man as president nodig nie, maar eerder bekwame, talentvolle mense. Hy sê die presidentskap is 'n heilige roeping, en het sy voortgesette steun vir die ANC belowe en vertroue in die land se toekoms uitgespreek: