Patrice Motsepe wil nie ANC-president wees nie

Loading player...
Die miljardêr-sakeman en CAF-president Patrice Motsepe sê hy sal nie vir die ANC-presidentskap in 2027 staan nie, ten spyte daarvan dat hy deur partylede genader is. Motsepe het tydens die SANEF-galadinee in Johannesburg gesê Suid-Afrika het nie 'n ryk man as president nodig nie, maar eerder bekwame, talentvolle mense. Hy sê die presidentskap is 'n heilige roeping, en het sy voortgesette steun vir die ANC belowe en vertroue in die land se toekoms uitgespreek:
19 Oct 2025 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

ActionSA dreig met hof as Phala Phala gesensor word

ActionSA sê hulle is gereed om regstappe te doen indien enige deel van die gedeklassifiseerde Phala Phala-verslag gesensor word. Die verslag, wat beweerde wanhantering deur die presidensiële beskermingseenheid tydens 'n rooftog op president Cyril Ramaphosa se plaas in Limpopo ondersoek, is uiteindelik oopgestel na meer as 'n jaar van vertragings…
3 Mar 3AM 1 min

Hegseth bieg VSA oortree internasionale wette, Starmer skop vas

Verskeie bondgenote van die VSA, insluitend Brittanje, het onder skoot gekom met kritiek deur die Amerikaanse verdedigingsminister Pete Hegseth, dat hulle nie aansluit by Amerika in sy aanvalle in Iran nie. Maar, kenners spreek oor toenemende kommer uit oor die VSA wat internasionale wette met die oorlog oortree. Hy het…
3 Mar 3AM 1 min

Nored-staking is verby

Die Nored-staking het tot 'n einde gekom met die partye wat tot 'n ooreenkoms gekom het na die lynminister Wise Immanuel ingegryp het. Die werkers sal 'n 4 persent verhoging kry sowel as 'n 14de tjek. Dit kom na skole en hospitale in die noorde onder druk gekom het met…
3 Mar 2AM 1 min

Onwaarskynlik dat Iran se regime sal verander

Israel het dit duidelik gemaak dat een sy doelstellings met die aanvalle saam met Amerika op Iran is om regime-verandering teweeg te bring. 'n Voormalige hoof van die Britse geheime intelligensiediens MI6, Sir John Sawers, sê dit is onwaarskynlik dat dit sal gebeur. Sawers het met Sky News gepraat.
3 Mar 2AM 1 min