
Verstappen vat vyfde wen in VSA
Loading player...
Red Bull-renjaer, Max Verstappen, het ʼn oorheersende vertoning gelewer en spog ná die Amerikaanse Grand Prix met sy vyfde sege van die seisoen. Lando Norris van McLaren is tweede en Charles Leclerc van Ferrari is derde. Die voorloper in die bestuurderskampioenskap, Oscar Piastri van McLaren, was vyfde. Verstappen, wat strewe na ʼn vyfde agtereenvolgende bestuurderstitel, het 40 punte minder as Piastri, terwyl Norris 14 punte kort om voor te loop. Verstappen sê hy kan die kampioenskap wen: