GRN-aanstellings: Daar's ander maniere om geld te spaar

Loading player...
Reaksie word ontvang op die aankondiging deur die regering wat die vul van die meeste staatsdiensposte op ys geplaas het weens begrotingsbeperkings en kommer dat daar nie genoeg geld sal wees om daarvoor te betaal nie. Die Kantoor van die Eerste Minister het Woensdag 'n moratorium ingestel op die werwing van nuwe personeel in alle ministeries, kantore en agentskappe tot 31 Maart 2026. Kosmos 94.1 Nuus het met arbeidsdeskundige Herbert Jauch gepraat.
20 Oct 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

BoN sê N$60-noot nou uitgerol

Die enigste kommersiële bank wat tot dusver die 60-dollar Hage Geingob-gedenkbanknoot by sy kitsbanke kan uitreik, FNB Namibië, het 16 van die outomatiese tellermasjiene daarvoor gekalibreer. Die ander banke is besig met ooreenkomste om dieselfde te doen, volgens die Bank van Namibië. Sencia Kaizemi-Rukata, die direkteur van valutabestuur by die…
20 Oct 3AM 1 min

Ramokgopa sê R2,2 riljoen sal in energie belê word

Die minister van Elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, sê die regering beplan om 2,2 triljoen Suid-Afrikaanse rand, wat ongeveer 30-persent van Suid-Afrika se bruto binnelandse produk is, in 'n omvattende energietransformasiestrategie te belê. Dit is deel van die land se Geïntegreerde Hulpbronplan, wat deur die kabinet goedgekeur is. Ramokgopa sê die plan…
20 Oct 3AM 1 min

Mackenzie uiters teleurgesteld oor Kaapstad-marathon

Die Wes-Kaapse LUR vir Kultuursake en Sport, Ricardo Mackenzie, het sy teleurstelling uitgespreek oor die kansellasie van die 2025 Kaapstad-marathon Sondag weens erge weer. Mackenzie sê die besluit, wat saam met veiligheidsowerhede geneem is, het die welstand van hardlopers, vrywilligers en toeskouers eerste gestel. Mackenzie, wat aan die 42-kilometer lange…
20 Oct 2AM 1 min

Trump sê skietstilstand is steeds van krag in Gaza

Daar is kommer oor die skietstilstand in Gaza. Israel en Hamas beskuldig mekaar van die verbreking van die ooreenkoms. Die Israelse weermag sê Hamas het sy magte in Rafah in die suide van Gaza met vuurpyl-aangedrewe granate en skerpskutter-vuur aangeval waarna die IDF aanvalle in die gebied uitgevoer het. Israel…
20 Oct 2AM 1 min

Cran het nuwe, kreatiewe uitdaging

Die Kommunikasie-reguleringsowerheid van Namibië stuur vandag die Cran Tech Challenge van stapel. Die uitdaging is 'n platform wat ontwerp is om kreatiwiteit aan te wakker en jeugdeelname te bevorder deur Namibiese burgers en permanente inwoners van 18 tot 35 jaar oud uit te nooi om operasionele of prototipe-fase oplossings in…
20 Oct 1AM 1 min