
Menstruasie-armoede belemmer meisies se vooruitgang
Loading player...
Kommer het weer opgeduik oor die gebrek aan sanitêre doekies vir skoolmeisies. Dit is te midde van die onthulling dat die regering tans slegs 15 Namibiese dollar per meisie, per jaar aan sanitêre doekies bestee. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Sister Namibia se redakteur, Brigit Rudd, wat sê menstruasie-armoede beïnvloed steeds skoolbywoning, akademiese prestasie en deelname aan aktiwiteite.