
Trump sê skietstilstand is steeds van krag in Gaza
Loading player...
Daar is kommer oor die skietstilstand in Gaza. Israel en Hamas beskuldig mekaar van die verbreking van die ooreenkoms. Die Israelse weermag sê Hamas het sy magte in Rafah in die suide van Gaza met vuurpyl-aangedrewe granate en skerpskutter-vuur aangeval waarna die IDF aanvalle in die gebied uitgevoer het. Israel het ook humanitêre hulp aan Gaza gestaak. Amerikaanse president Donald Trump sê die skietstilstand is steeds van krag.