
Purchase palm eerste Sonskyntoer-titel in
Loading player...
Die Suid-Afrikaner Warwick Purchase het sy eerste Sonskyntoer-titel opgeraap na ʼn oorwinning met twee houe by die Fortress-uitnodigingstoernooi by die Glendower-gholfklub in Gauteng. Sy landgenoot, Kyle Barker, is met 69 gelykop tweede saam met die Fortress-voorloper vir Nuweling van die Jaar, die Mexikaan Luis Carrera, op 17 onder baansyfer. Purchase, wat deelgeneem het nadat hy in sy vorige vier Sonskyntoer-toernooie nie die paal gehaal het nie, sê hy voel beloon om uiteindelik met sy eerste sege te spog: