
Kuberkrakers: SME's is mees kwesbaar
Loading player...
Kubersekuriteit word al hoe meer 'n kopseer vir besighede. Die inligtingministerie het onlangs aangekondig dat meer as 'n miljoen kuberaanvalle in 'n tydperk van ses maande in die land aangeteken is. Openbare bewustheid van die kwessie is dus uiters belangrik. Kosmos 94.1 Nuus het met Tanya Hopker van Meinert Security gepraat, wat sê klein besighede is die mees kwesbaar.