
Daar's baie meer as 5 000 gevalle van GBV jaarliks - kenner
Loading player...
Die minister van geslagsgelykheid en kinderwelsyn, Emma Kantema-Gaomas, sê meer as 5 000 gevalle van geslagsgeweld geweld word jaarliks in Namibië aangemeld. Kantema het dit by die bekendstelling van die Strategiese Plan vir Geslagsgeweld vir 2025 tot 2030 in Windhoek onthul. Sy het geslagsgeweld beskryf as een van die dringendste ontwikkelingsuitdagings in die land wat nie net gesinne raak nie, maar ook algehele produktiwiteit. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Civic+264 se direkteur, Ethne Mudge, wat alternatiewe benaderings tot die probleem voorstel.

