Andrew se probleme verdiep

Loading player...
Na prins Andrew sy koninklike titels verloor het, verdiep sy probleme. Dit het aan die lig gekom dat hy sy lyfwag gevra het om inligting te soek om Virginia Guiffre, wat hom van seksuele misbruik beskuldig het, in die openbaar te laat beswadder. Maar dit eindig nie daar nie – haar memoir word môre gepubliseer. Die assistent-hoofsweep van die Konserwatiewe Party, Dick Timothy, meen haar klagtes, en die van talle ander in ander sake, is nie ernstig genoeg opgeneem nie.
20 Oct 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

O&L verkoop aandele in Cleanergy Solutions

Die Ohlthaver en List Groep het aangekondig hy het sy aandele in Cleanergy Solutions Namibia verkoop aan H2InfraNV, 'n filiaal van CMB.TECH wat die eienaars van die res van die aandele is. Die transaksie moet nog goedgekeur word deur die Namibiese Mededingingskommissie. Kosmos 94.1 Nuus het met Sven Thieme, die…
20 Oct 8AM 1 min

Strafsaak teen Stellenbosch-munisipaliteit geopen oor natuurvernietiging

Die Kaapse Onafhanklikheidsparty het ʼn strafsaak teen die Stellenbosch-munisipaliteit geopen en beskuldig amptenare dat hulle onwettige ontwikkelings in die Botmaskop-natuurgebied goedkeur. Die party sê die munisipale bestuurder, Geraldine Mettler, het toegelaat dat paaie, rioolpyplyne en ander infrastruktuur op die beskermde grond opgerig word sonder wetlik-vereiste omgewingsgoedkeuring. Karl Bodin van die…
20 Oct 8AM 1 min

Finansministerie mik na volle digitale betaalstelsel

Die finansministerie het aangekondig dat hy digitale oplossings versnel om te verseker dat betaling vir alle regeringsdienste ten volle digitaal word. Dit is vanoggend deur die uitvoerende direkteur in die ministerie, Michael Humavindu, by die FinTech Futures 2025-forum in Windhoek gesê. Humavindu sê namate die finansiële sektor voortgaan om te…
20 Oct 8AM 1 min

Sindikaat steel regeringmedisyne, vat dit buurlande toe

Die vakbondfederasie, Saftu is bekommerd oor 'n nuwe sindikaat wat noodsaaklike medisyne van openbare gesondheidsgeriewe steel en dit onwettig na naburige lande vervoer. Dit volg na houers met teen-retrovirale medikasie en ander farmaseutiese produkte op die toneel van verlede Sondag se noodlottige busongeluk in Limpopo gevind is. Saftu se hoofsekretaris,…
20 Oct 8AM 1 min

AfriForum soek antwoorde oor SANW en die DRK

AfriForum het kommer uitgespreek oor die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag se gebrek aan deursigtigheid wat die ontplooiing van soldate in die Demokratiese Republiek die Kongo betref. Die organisasie het in Februarie vanjaar 'n versoek aan die SANW gestuur en dokumente aangevra wat die ontplooiing in die DRK regverdig, besonderhede oor die…
20 Oct 6AM 1 min