
AfriForum soek antwoorde oor SANW en die DRK
Loading player...
AfriForum het kommer uitgespreek oor die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag se gebrek aan deursigtigheid wat die ontplooiing van soldate in die Demokratiese Republiek die Kongo betref. Die organisasie het in Februarie vanjaar 'n versoek aan die SANW gestuur en dokumente aangevra wat die ontplooiing in die DRK regverdig, besonderhede oor die onkoste en befondsing, en redes waarom soldate na ʼn spesifieke streek gestuur is. Jacques Broodryk van AfriForum sê tot op hede het die SANW geen terugvoer gegee nie: