
Sindikaat steel regeringmedisyne, vat dit buurlande toe
Loading player...
Die vakbondfederasie, Saftu is bekommerd oor 'n nuwe sindikaat wat noodsaaklike medisyne van openbare gesondheidsgeriewe steel en dit onwettig na naburige lande vervoer. Dit volg na houers met teen-retrovirale medikasie en ander farmaseutiese produkte op die toneel van verlede Sondag se noodlottige busongeluk in Limpopo gevind is. Saftu se hoofsekretaris, Zwelinzima Vavi, sê die misdadige optrede stel lewens in gevaar, ondermyn die reg tot gesondheidsorg en vererger die ineenstorting van openbare gesondheidsorginstellings: