
Aktivis veg teen klagte oor riool by kliëntedienssentrum
Loading player...
Twee sake is teen die aktivis Shaun Gariseb aanhangig gemaak nadat hy saam met 'n groep ontevrede inwoners verlede Maandag menslike afval by die Stad Windhoek se kliëntedienssentrum in Katutura gestort het. Die aanklagte, wat Vrydag deur die Windhoek Stadspolisie gelê is, sluit in aanhitsing tot openbare geweld en openbare onsedelikheid. Gariseb, wat sowat 20 inwoners van Katutura se Nama Tien-gebied gelei het, het homself vanoggend oorgegee, maar is aangesê om huis toe te gaan en verdere kontak te wag. Die protes het gevolg op riooloorloop van 'n nabygeleë rivierbedding in hul huise. Gariseb het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.