
ECN moenie publiek se vertroue skaad, sê kundige
Loading player...
Die Verkiesingskommissie het na die nominasie van kandidate op 16 Oktober, Donderdag, foutiewelik 'n Swapo kandidaat aangestel by die Nkurenkuru kiesafdeling. Volgens hulle was daar net 'n Swapo lid wat vir die kiesafdeling genomineer was. Die kommissie het in 'n verklaring gesê daar gaan korrektiewe stappe geneem word om die saak volgens die wet reg te stel. Die kommissie het op Vrydag 17 Oktober 'n vergadering met die partye gehou om die proses reg te stel. Kosmos 94.1 Nuus het met politieke ontleder, Ndumba Kamwanyah gepraat wat sê dit is nie 'n goeie begin vir die kommissie nie.

