Organisasies staar 'n skerp toename in kuberbedreigings in die gesig namate hul groeiende digitale voetspore meer geleenthede vir aanvalle skep. Die Namibiese Kuberveiligheidsvoorvalreaksiespan sê die kritieke eerste verdedigingslinie is om die eksterne aanvalsoppervlak te verstaan en voortdurend te monitor, soos die webtoepassings, wolkdienste, derdeparty-verbindings en blootgestelde geloofsbriewe wat op die…
Amerika se minister van Verdediging, Pete Hegseth, sê Amerika en Israel se gesamentlike aanvalle in Iran sal nie ontaard in ’n uitgerekte streekskonflik nie. Hy sê Operasie Epic Fury fokus daarop om Iranse verdedigingsmissiele te vernietig, om missielvervaardiging te keer, hul vloot en ander veiligheidsinfrastruktuur te verwoes en seker te…
Landbougroepe het 'n dringende aansoek by die hof in Pretoria ingedien om regeringsbeperkings te keer wat boere verhinder om hul kuddes self teen bek-en-klouseer in te ent. Die Suider-Afrikaanse Agri-inisiatief, Vrystaat Landbou en Sakeliga voer aan dat hierdie reëls onwettig is en verdere skade aan boere se lewensbestaan veroorsaak namate…
Terwyl oor-en-weer aanvalle in die Midde-Ooste voortduur, het dit aan die lig gekom dat drie Amerikaanse F15-vegvliegtuie deur sogenaamde “vriendelike vuur” oor Koeweit afgeskiet is. Sky News se militêre analis professor Michael Clarke sê dit is 'n slag vir die Amerikaanse bevelstelsel en moes nie gebeur het nie. Hy verduidelik.
Die Namibiese Vereniging van Komponiste en Outeurs van Musiek, Nascam het sy tantieme-verspreidingsmodel verdedig nadat die parlement vrae gehad het oor berigte dat plaaslike musikante so min as 2 Namibiese dollar per uitsending verdien. Kosmos 94.1 Nuus het met Nascam se tussentydse voorsitter, Joseph Ailonga gepraat, wat sê dat uitbetalings…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.