Hamas moet in sy spoor trap - Trump

Loading player...
Diplomatieke pogings is voluit aan die gang om die Gaza-skietstilstand op koers te hou, na oor-en-weer aanvalle oor die naweek. Amerikaanse president Donald Trump het na hy Australiese eerste minister Anthony Albanese by die Withuis verwelkom het, by 'n perskonferensie gesê hy dink nie Hamas se leierskap was vir die aanval in Rafah verantwoordelik waarin twee Israelse soldate dood is nie. Hy het ook gesê Hamas moet in sy spoor trap of vernietig word.
20 Oct 2025 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Cran sê oor kuberveiligheid vir besighede

Organisasies staar 'n skerp toename in kuberbedreigings in die gesig namate hul groeiende digitale voetspore meer geleenthede vir aanvalle skep. Die Namibiese Kuberveiligheidsvoorvalreaksiespan sê die kritieke eerste verdedigingslinie is om die eksterne aanvalsoppervlak te verstaan en voortdurend te monitor, soos die webtoepassings, wolkdienste, derdeparty-verbindings en blootgestelde geloofsbriewe wat op die…
3 Mar 1AM 1 min

'Trump het nie oorlog met Iran begin nie, maar sal dit klaarmaak'

Amerika se minister van Verdediging, Pete Hegseth, sê Amerika en Israel se gesamentlike aanvalle in Iran sal nie ontaard in ’n uitgerekte streekskonflik nie. Hy sê Operasie Epic Fury fokus daarop om Iranse verdedigingsmissiele te vernietig, om missielvervaardiging te keer, hul vloot en ander veiligheidsinfrastruktuur te verwoes en seker te…
3 Mar 1AM 1 min

GNU hof toe gesleep oor BKS-inenting

Landbougroepe het 'n dringende aansoek by die hof in Pretoria ingedien om regeringsbeperkings te keer wat boere verhinder om hul kuddes self teen bek-en-klouseer in te ent. Die Suider-Afrikaanse Agri-inisiatief, Vrystaat Landbou en Sakeliga voer aan dat hierdie reëls onwettig is en verdere skade aan boere se lewensbestaan veroorsaak namate…
3 Mar 12AM 1 min

Kenner sê oor 3 Amerikaanse F15's wat afgeskiet is, per ongeluk

Terwyl oor-en-weer aanvalle in die Midde-Ooste voortduur, het dit aan die lig gekom dat drie Amerikaanse F15-vegvliegtuie deur sogenaamde “vriendelike vuur” oor Koeweit afgeskiet is. Sky News se militêre analis professor Michael Clarke sê dit is 'n slag vir die Amerikaanse bevelstelsel en moes nie gebeur het nie. Hy verduidelik.
3 Mar 12AM 1 min

Nascam sê oor N$2 tantieme

Die Namibiese Vereniging van Komponiste en Outeurs van Musiek, Nascam het sy tantieme-verspreidingsmodel verdedig nadat die parlement vrae gehad het oor berigte dat plaaslike musikante so min as 2 Namibiese dollar per uitsending verdien. Kosmos 94.1 Nuus het met Nascam se tussentydse voorsitter, Joseph Ailonga gepraat, wat sê dat uitbetalings…
3 Mar 12AM 1 min