'n Totaal van 35 atlete van Mpumalanga het vanjaar gekwalifiseer om aan die Biathle Triathle Laser Run Wêreldkampioenskappe deel te gaan neem. Dit word in Desember in Mosselbaai aangebied. Jean Eksteen (o/15), Jessica Matthysen (o/17), Lara Janse van Rensburg (o/17) en Hannah Morgado (o/13) kuier in die ateljee.
Weens onweer die afgelope week in die Laeveld is verskeie vlugte na KMI-lughawe ontwrig. Mphilo Dlamini', Air Traffic & Navigation Services se hoof van korporatiewe sake en kommunikasie, verduidelik wat die opgeskorte instrumentvlugprosedures beteken.
Die Ridiculous Rocktober Ektravaganza is 'n eerste van sy soort uitverkoping op gebruikte voertuie. Christo Leeuwner, die algemene bestuurder van Audi Centre Mbombela kuier in die ateljee.
'n Cessna 206-vliegtuig is nog nie gevind nie nadat dit gister kort na hy opgestyg het vermis geraak het. Die vliegtuig was op pad na Kruger Mpumalanga Internasionale Lughawe toe. Dit het om 13:23 vanaf King Mswati III Lughawe in Eswatini vertrek en om 13:37 sein verloor. Gregory Critchley van…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.