
Kommer oor grondwet-planne in Zimbabwe
Loading player...
Zimbabwe se regerende Zanu-PF-party beplan om die grondwet te wysig om president Emmerson Mnangagwa, 83, se termyn met twee jaar tot 2030 te verleng, 'n stap wat opposisiepolitici as onwettig veroordeel. Die resolusie kom te midde van 'n opvolgstryd binne die party. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die Suid-Afrikaanse politieke kommentator, dr. Charles Sinkala wat kommer uitgespreek het dat partypolitiek die Grondwet beïnvloed. Hy sê dit ondermyn demokrasie.

