
M-pokke verg vinnige aksie: oud-gesondheidminister
Loading player...
In die nasleep van Namibië se M-pokke-geval wat in Swakopmund aangemeld is, sê voormalige minister van gesondheid en mediese dokter Bernard Haufiku dat maatreëls getref moet word om die uitbreking te beperk. Die gesondheidsministerie sê daar is tot dusver slegs een bevestigde geval met 44 kontakte, waarvan vyf as hoë risiko, drie as medium risiko en 21 as lae risiko geklassifiseer word. Haufiku het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

