Namibië is die gasheer van vanjaar se Internasionale Konferensie van Sirkulêre ekonomie, Hernubare energie en Groenwaterstof in Afrika. Die konferensie beoog om gesprekke in Afrika aan te moedig om moderne en volhoubare energie bronne te implementeer. Die konferensie vind in die hoofstad plaas en sluit in akademici van regoor Afrika…
Die DA het sy verontwaardiging uitgespreek oor berigte dat 130 vlootrekrute by die SAS Saldanha-opleidingsbasis honger ly en swak akkommodasie het. Die DA se Nicholas Gotsell sê dit ontbloot diepgaande sistemiese mislukkings in die verdedigingsleierskap. Die rekrute het na bewering maande lank op die minimum rantsoene oorleef te midde van…
Amerika se visepresident JD Vance is positief oor die Israel-Hamas-skietstilstand en sê dis op ʼn baie goeie plek. Hy is op besoek aan Israel om die brose skietstilstandooreenkoms te ondersteun. Die skietstilstand wankel onder herhaalde skendings sedert dit op 10 Oktober tot stand gekom het. Hamas het sedertdien twee Israelse…
Die GOOD-party sê onlangse berigte wat onthul dat sommige studente hulle toelae van die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente gebruik om aanlyn te dobbel is nie net tragies nie, maar 'n simptoom van 'n baie dieper krisis. Dobbel, wat hoofsaaklik gedryf word deur toenemende digitale toeganklikheid, het op 'n jaar…
Namibië se tweede geval van M-pokke is in Swakopmund aangemeld. Gesondheidminister Esperance Luvindao, wat die aankondiging in die parlement gemaak het, is gevra of die streke voorbereid is en wat die begroting is om M-pokke te beveg. Luvindao het soos volg geantwoord, of nie…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.