Ontbossing neem wêreldwyd af, wys VN-data

Loading player...
Ontbossing het die afgelope dekade wêreldwyd in elke streek afgeneem. Dit is volgens nuwe data van die Verenigde Nasies se Voedsel- en Landbou-organisasie. Die data toon die wêreld het die afgelope dekade elke jaar sowat 10,9-miljoen hektaar woude verloor. Woude bedek steeds sowat 4,14-miljard hektaar of ongeveer een derde van die wêreld se totale grondoppervlak. Anssi Pekkarinen van die organisasie sê woude is belangrik vir voedselsekerheid en lewensbestaan:
22 Oct 2025 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

RISE Mzanzi steun optrede oor dobbelkrisis

RISE Mzansi sê Suid-Afrika staar 'n toenemende dobbelkrisis in die gesig, met verwysing na kommerwekkende data van Statistiek SA en die Nasionale Dobbelraad. Die party ondersteun die Nasionale Tesourie se voorgestelde 20-persent nasionale aanlyn dobbelbelasting, maar doen 'n beroep op hervormings, insluitend provinsiale inkomstedeling, 'n provinsiale belastingvloer en verpligte nasionale…
2 Mar 10AM 1 min

'Onwaarskynlik' dat Moskou in Iran betrokke sal raak

Die oorlog tussen Amerikaanse en Israeliese magte teen Iran kring steeds uit. China se buitelandse sake-minister, Wang Yi, het vandag in 'n oproep aan sy Iraanse eweknie gesê Beijing ondersteun Teheran om homself teen die aanvalle te verdedig. Russiese president Vladimir Putin het ook 'n telefoongesprek met Koning Hamad bin…
2 Mar 10AM 1 min

Regering kan hoër pensioene bekostig, maar wil nie: Itula

IPC-president Panduleni Itula het die regering daarvan beskuldig dat hy pensioenarisse verwaarloos deur nie president Hage Geingob se belofte van 2024 na te kom om die ouderdomspensioen tot 3 000 Namibiese dollar te verhoog nie. President Netumbo Nandi-Ndaitwah het later belowe om die verhoging te implementeer as sy as president…
2 Mar 9AM 1 min

Eerste dele van Namibiese Beleggingsgids vrygestel

Die waarnemende uitvoerende hoof van Namibiese Beleggingsbevordering en Ontwikkelingsraad, Jessica Hauuanga, het vandag die Namibiese Beleggingsgids in Windhoek onthul. Die gids is 'n multi-volume platform wat daarop gemik is om gedetailleerde inligting oor die Namibiese ekonomie te verskaf vir beleggers se gemak. Vier volumes is bekendgestel, met ander wat steeds…
2 Mar 9AM 1 min