Herlewing van Air Namibia beteken nie ondoeltreffendheid sal herhaal word nie

Loading player...
Air Namibia is in 2021 gelikwideer met ‘n skuldlas van amper 900 miljoen Namibiese dollar, en die regering beoog om weer 'n nasionale lugredery te begin. 'n Voormalige Air Namibia vlieënier, Vijay Jha, is van mening dit beteken nie die ondoeltreffendhede van die verlede sal herhaal word nie. 'n Openbare-private vennootskap word voorgestel: 'n skraal, kommersieel gedrewe struktuur wat beskerm word teen politieke inmenging, maar in lyn is met nasionale prioriteite. Kosmos 94.1 Nuus het met Jha gepraat.
24 Oct 2025 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

RISE Mzanzi steun optrede oor dobbelkrisis

RISE Mzansi sê Suid-Afrika staar 'n toenemende dobbelkrisis in die gesig, met verwysing na kommerwekkende data van Statistiek SA en die Nasionale Dobbelraad. Die party ondersteun die Nasionale Tesourie se voorgestelde 20-persent nasionale aanlyn dobbelbelasting, maar doen 'n beroep op hervormings, insluitend provinsiale inkomstedeling, 'n provinsiale belastingvloer en verpligte nasionale…
2 Mar 10AM 1 min

'Onwaarskynlik' dat Moskou in Iran betrokke sal raak

Die oorlog tussen Amerikaanse en Israeliese magte teen Iran kring steeds uit. China se buitelandse sake-minister, Wang Yi, het vandag in 'n oproep aan sy Iraanse eweknie gesê Beijing ondersteun Teheran om homself teen die aanvalle te verdedig. Russiese president Vladimir Putin het ook 'n telefoongesprek met Koning Hamad bin…
2 Mar 10AM 1 min

Regering kan hoër pensioene bekostig, maar wil nie: Itula

IPC-president Panduleni Itula het die regering daarvan beskuldig dat hy pensioenarisse verwaarloos deur nie president Hage Geingob se belofte van 2024 na te kom om die ouderdomspensioen tot 3 000 Namibiese dollar te verhoog nie. President Netumbo Nandi-Ndaitwah het later belowe om die verhoging te implementeer as sy as president…
2 Mar 9AM 1 min

Eerste dele van Namibiese Beleggingsgids vrygestel

Die waarnemende uitvoerende hoof van Namibiese Beleggingsbevordering en Ontwikkelingsraad, Jessica Hauuanga, het vandag die Namibiese Beleggingsgids in Windhoek onthul. Die gids is 'n multi-volume platform wat daarop gemik is om gedetailleerde inligting oor die Namibiese ekonomie te verskaf vir beleggers se gemak. Vier volumes is bekendgestel, met ander wat steeds…
2 Mar 9AM 1 min