Gryslys: Net twee punte oor, sê Eiseb

Loading player...
Namibië het internasionale erkenning ontvang vir sy vordering in die bekamping van finansiële misdade. Die Finansiële Aksie-taakmag het amptelik Namibië se derde vorderingsverslag aangeneem en die land geprys vir die oplossing van 11 uit 13 strategiese tekortkominge sedert dit in Februarie 2024 op die gryslys geplaas is. Die direkteur van die Finansiële Intelligensiesentrum, Bryan Eiseb, sê die prestasie weerspieël sterk politieke wil en nasionale koördinering. Twee oorblywende kwessies, gekoppel aan ondersoeke na geldwassery en terrorismefinansiering, sal na verwagting teen Mei 2026 volledig aangespreek word.
27 Oct 2025 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

RISE Mzanzi steun optrede oor dobbelkrisis

RISE Mzansi sê Suid-Afrika staar 'n toenemende dobbelkrisis in die gesig, met verwysing na kommerwekkende data van Statistiek SA en die Nasionale Dobbelraad. Die party ondersteun die Nasionale Tesourie se voorgestelde 20-persent nasionale aanlyn dobbelbelasting, maar doen 'n beroep op hervormings, insluitend provinsiale inkomstedeling, 'n provinsiale belastingvloer en verpligte nasionale…
2 Mar 10AM 1 min

'Onwaarskynlik' dat Moskou in Iran betrokke sal raak

Die oorlog tussen Amerikaanse en Israeliese magte teen Iran kring steeds uit. China se buitelandse sake-minister, Wang Yi, het vandag in 'n oproep aan sy Iraanse eweknie gesê Beijing ondersteun Teheran om homself teen die aanvalle te verdedig. Russiese president Vladimir Putin het ook 'n telefoongesprek met Koning Hamad bin…
2 Mar 10AM 1 min

Regering kan hoër pensioene bekostig, maar wil nie: Itula

IPC-president Panduleni Itula het die regering daarvan beskuldig dat hy pensioenarisse verwaarloos deur nie president Hage Geingob se belofte van 2024 na te kom om die ouderdomspensioen tot 3 000 Namibiese dollar te verhoog nie. President Netumbo Nandi-Ndaitwah het later belowe om die verhoging te implementeer as sy as president…
2 Mar 9AM 1 min

Eerste dele van Namibiese Beleggingsgids vrygestel

Die waarnemende uitvoerende hoof van Namibiese Beleggingsbevordering en Ontwikkelingsraad, Jessica Hauuanga, het vandag die Namibiese Beleggingsgids in Windhoek onthul. Die gids is 'n multi-volume platform wat daarop gemik is om gedetailleerde inligting oor die Namibiese ekonomie te verskaf vir beleggers se gemak. Vier volumes is bekendgestel, met ander wat steeds…
2 Mar 9AM 1 min