IPC-president Panduleni Itula het die regering daarvan beskuldig dat hy pensioenarisse verwaarloos deur nie president Hage Geingob se belofte van 2024 na te kom om die ouderdomspensioen tot 3 000 Namibiese dollar te verhoog nie. President Netumbo Nandi-Ndaitwah het later belowe om die verhoging te implementeer as sy as president…
Die waarnemende uitvoerende hoof van Namibiese Beleggingsbevordering en Ontwikkelingsraad, Jessica Hauuanga, het vandag die Namibiese Beleggingsgids in Windhoek onthul. Die gids is 'n multi-volume platform wat daarop gemik is om gedetailleerde inligting oor die Namibiese ekonomie te verskaf vir beleggers se gemak. Vier volumes is bekendgestel, met ander wat steeds…
Die Amerikaanse president, Donald Trump, sê 'n Iranse regime gewapen met langafstandmissiele en kernwapens hou 'n ernstige bedreiging vir alle Amerikaners in. Dit volg terwyl Iran se vergelding toeneem nadat die land se opperleier, ajatolla Ali Khamenei, Saterdag dood is in Amerikaans-Israelse aanvalle. Drie Amerikaanse Weermaglede is ook dood tydens…
Proflight Zambia sal môre-oggend sy eerste vlug na Windhoek onderneem en land ongeveer half-twaalf op Hosea Kutako Internasionale Lughawe. Die lugredery sal drie keer per week vlugte aanbied, wat bykomende reisopsies en gerieflike skakels tussen Zambië en Namibië vanaf Lusaka via Livingstone bied. Kosmos 94.1 Nuus het met Dan Kamati,…
Hoofregter Peter Shivute het drie regterlike aanstellings vir die hoërhof aangekondig, asook die aanstelling van Esi Schimming-Chase as permanente regter van die hooggeregshof. Regter David Mangota en Regter James Devittie van Zimbabwe is vir 'n tydperk van drie jaar as waarnemende regters van die hoërhof aangestel, terwyl regter Gabriel Komboni…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.