
Beleggings stroom na Harrismith, maar Afbakeningsraad bly struikelblok
Loading player...
Met beleggings van honderde miljoene rand wat hul pad na Harrismith vind, raak die behoefte al dringender vir ondernemings en inwoners om Maluti-A-Phofung se greep te ontkom. Volgens Ben Deysel, voorsitter van die Harrismith-Sakeforum, lê die dorp se aantrekkingskrag in sy ligging en sentrale posisie – en dit is waarom daar soveel belegging plaasvind.





