Onverwerkte trauma dra by tot demensie

Loading player...
Dr. Rayne Stroebel is die stigter en besturende direkteur van Gerontological Research, Training, Education​,​ and Caring (GERATEC) in Kaapstad. Hy bied konsultasiedienste aan mense wat met demensie gediagnoseer is en hul families, asook aan sorgverskaffers en organisasies. Hy sê hy vind dat onverwerkte trauma bydra tot die aanvang van demensie.
29 Oct Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Hof open deur vir wettige internasionale handel in renosterhoring

Die Hooggeregshof in Kimberley het in ‘n waterskedingsuitspraak die deur geopen vir die wettige internasionale handel in renosterhoring. Die regter het gelas die toepaslike owerheid moet permitte vir internasionale handel in renosterhoring uitreik as hy tevrede is dat die horings kom van witrenosters wat in aanhouding vir bewaring geteel is…
6 Nov 12 min

Curro Nelspruit haal Top 20 in Afrikaans 100 Skoolkompetisie

Curro Nelspruit is aangewys as een van die Top 20 finaliste in die Afrikaans100-kompetisie. Hulle is die enigste Curro-skool in Suid-Afrika wat dit gemaak het, en een van net twee skole in Mpumalanga wat op die lys verskyn. Onderwysers Marietjie Viljoen, Elmarie Bouwer en Ruval Gouws kuier in die ateljee.
5 Nov 14 min

Nuwe baadjie vir Nelspruit-biblioteek

Gemeenskapslede is besig met 'n projek om die Nelspruit-biblioteek se kinderafdeling op te knap. Marla Louw vertel meer. Kontak by 084-913-0349 of marla@marlalouw.co.za as jy betrokke wil raak.
4 Nov 12 min