Die Kankervereniging van Nambië het 'n chemoterapiesentrum by die Walvisbaai-staatshospitaal oorhandig. Dit beteken kuspasiënte hoef nie meer na Windhoek te reis vir kankerbehandeling nie. Swakop Uranium het meer as 2 miljoen Namibiese dollar vir die fasiliteit bygedra. Die vereniging se uitvoerende hoof Rolf Hansen het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
Petrolpryse vir Maart is Vrydag as onveranderd aangekondig, ‘n dag voor die oorlog in die Midde-Ooste uitgebreek het. Kosmos 94.1 Nuus het met Abednego Ekandjo, petroleum ekonoom in die energie-ministerie gepraat. Hy sê die ministerie is uiters bekommerd oor die gebeure in die Midde-Ooste en nuwe markte sal ondersoek moet…
Namibië se finansiële landskap is gereed vir 'n geskiedkundige verskuiwing, met Instant Payments Namibia wat sterk steun van finansminister Erica Shafudah vir die land se eerste vinnige e-geldstelsel geniet. Marsorry Ickua, hoofbedryfsbeampte van Instant Payments Namibia, sê dié skuif sal kontantuitbetalings aan maatskaplike toelaes uitfaseer.
Namcor het 'n leierskapsoorgang aangekondig. Maureen Hinda-Mbuende se ampstermyn as tussentydse besturende direkteur het verstryk, en Mtundeni Ndafyaalako is aangestel as die nuwe waarnemende besturende direkteur, effektief vanaf 1 Maart, hangende die aanstelling van 'n permanente hoof. Namcor-woordvoerder Utaara Hoveka:
Die GOOD-party sê Suid-Afrika se minimum loon is nie geregtigheid nie. Die land se minimumloon het van 1 Maart van 28- Suid-Afrikaanse rand-79 sent tot 30 rand-23-sent per uur gestyg. Die sekretaris-generaal van Good, Brett Herron, sê 'n vrou kan 40 uur per week werk, huise skoonmaak, ander mense se…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.