Hof open deur vir wettige internasionale handel in renosterhoring
Loading player...
Die Hooggeregshof in Kimberley het in ‘n waterskedingsuitspraak die deur geopen vir die wettige internasionale handel in renosterhoring. Die regter het gelas die toepaslike owerheid moet permitte vir internasionale handel in renosterhoring uitreik as hy tevrede is dat die horings kom van witrenosters wat in aanhouding vir bewaring geteel is.
Wicus Diedericks, die eienaar van Rockwood-renosterreservaat was die applikant in die saak. Hy noem dit 'n oorwinning vir renosters, bewaring en gemeenskappe omdat dit sal help om die spesie te red, bewaring te finansier en gemeenskappe op te hef.