Episode 50 | Yolanda Dreyer oor hoe ’n mens met jou eie stukkendheid kan werk en die krag van pastorale sorg

Loading player...
Niemand van ons is heel nie, maar hoe werk jy met jou eie stukkendheid?
Dit is die vraag wat aan die hart lê van ’n reeks gesprekke wat prof Yolanda Dreyer by die onlangse vergadering van die sinode NG Kerk in Oos-Kaapland gelei het.
Skep ons deur heethoofdigheid, vervreemding van ons eie emosies en gekose onkunde oor die voortdurende invloed van ons kinderjare, nadelige uitkomste in ons lewens? En hoe breek ’n mens so patroon? Dreyer betrek die insig van Carl Jung met die aanhaling: “Until you make the unconscious conscious, it will direct your life and you will call it fate.” Hieroor kon sinodegangers nadink en gesels want vir drie aande in ’n ry was Dreyer die gasspreker by die sinodesitting in Gqeberha. Kerkbode het tussendeur die dagsessies wat sinodegangers met ander gesprekke en onderwerpe besig gehou het, eenkant gaan sit met dié praktiese teoloog en haar gevra om die verskil tussen berading en psigologie te verduidelik. Sy het oor die rol van geloof in haar eie lewe gepraat en verduidelik hoe sy dink oor die etiket van “baanbreker” wat dikwels op haar geplak word. (Dreyer was die eerste vrou wat toegelaat is tot die bediening in enige van die Afrikaanse susterkerke en die eerste vroue-professor aan UP se fakulteit teologie).
“Self-insig en bly groei, is maar die belangrikste ding, dink ek, as ’n mens nie skade aan ander wil doen, vanuit jou eie stukkendheid nie. Want niemand van ons is heel nie. So êrens moet ons met ons eie stukkendheid te rade gaan, sodat my stukkendheid nie vir jou seermaak nie,” verduidelik Dreyer deur die loop van hierdie aflewering van Kollig, wat sowat 23 minute duur. - Le Roux Schoeman
6 Nov Afrikaans South Africa Christianity · Religion & Spirituality

Other recent episodes

Episode 48 | Dr Frikkie Coetzee vertel oor sy pad met evangelisasie

Dr Frikkie Coetzee is ’n predikant van Pretoria en hy lei die NG Kerk se Algemene Taakspan Evangelisasie. In dié episode van Kollig vertel hy vir Heléne Meissenheimer meer van sy eie geloofspad en die werk van dié taakspan. Van die onderwerpe wat hy bespreek is ’n “holistiese kyk” na…
6 Aug 19 min

Episode 47 | Maartje van der Westhuizen gesels met Barnard Beukman

As ons oor die kerk dink, dan kyk ons dikwels na die kerkbesluite wat die koerantopskrifte haal, maar die hart van die kerk lê eintlik op gemeentevlak. So sê Maartje van der Westhuizen, assessor (ondervoorsitter) van die NG Kerk se Algemene Sinode Moderamen. Barnard Beukman, oud-redakteur en joernalis, het in…
14 Jul 18 min

Episode 46 | Jan Lubbe in gesprek met Barnard Beukman

"Hy dink nie ons ag die krag van ons woorde genoeg nie." So sê Jan Lubbe, moderator van die NG Kerk, met verwysing na die vlak van debat wêreldwyd, maar ook plaaslik in ons land se konteks sowel as in kerklike gesprekke. Lubbe het vroeër vanjaar in ’n rubriek aan…
10 Jul 20 min

Episode 45 | ‘Siekte het my ’n beter predikant gemaak’

Bennie Janse van Rensburg het ’n oorerflike spierkwynende siekte waarvoor daar nie genesing is nie. FSH-spierdistrofie, wat in 2007 by hom gediagnoseer is, het hom oor jare so verswak dat sy stewige paar bene hom nie meer kan vat waar hy wil wees nie. Hy kan nou nie eens meer…
18 Jun 11 min