Mashatile se beskerming sal wel vervolg word

Loading player...
Action Society sê die uitspraak van die Randburg-streekhof in die saak teen adjunk-president Paul Mashatile se agt beamptes vir die beskerming van belangrike persone, is 'n belangrike stap in die rigting van verantwoordbaarheid in wetstoepassing. Slegs een aanklag teen dié sogenaamde blouligmafia is laat vaar. Hulle word daarvan beskuldig word dat hulle motoriste op die N1-snelweg in Johannesburg in Julie 2023 aangeval het. Juanita du Preez van die organisasie vra dat die beamptes geskors word terwyl die saak voortduur:
7 Nov 2025 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Trump dreig om Iran van aardbol af te vee

President Donald Trump het gewaarsku dat Iranse magte “van die aardbol afgevee” sal word indien hulle Amerikaanse skepe teiken. Dit volg nadat Amerika sewe Iranse snelbote in die Straat van Hormuz getref het terwyl die leër gestrande skepe uit die Golf begelei. Iran se leër waarsku hy sal op enige…
5 May 1AM 1 min

Sleep jou trui, sambreel nader

Nog koue is op die horison en die Namibiese weerkantoor voorspel steeds reën. Kosmos 94.1 Nuus het met weerkenner Albertina Anderson van die weerkantoor gepraat. Sy vertel van die gebiede wat reën kan verwag en sê dat almal maar lekker warm moet aantrek.
5 May 1AM 1 min

NaCC interpreteer landelike toerisme-model verkeerd

Die Namibiese Kamer van Omgewingsake sê dat die Namibiese Mededingingskommissie die land se gesamentlike-onderneming-toerismemodel verkeerd interpreteer en landelike belegging ondermyn, ná ’n ondersoek van stapel gestuur is na bewaringsgebiede en die toerisme-operateur Ultimate Safaris oor beweerde eksklusiewe ooreenkomste in toerismegebiede, insluitend die Brandberg-streek. Dr. Chris Brown, uitvoerende hoof van die…
5 May 12AM 1 min

Skadurade kan nuwe generasie leiers voorberei

Politieke ontleder Ndumba Kamwanyah het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die idee om skadurade in die openbare sektor en by semi-staatsinstellings in te stel, kan help om 'n nuwe generasie leiers voor te berei. Hy waarsku egter dat praktiese uitdagings, soos hoe deelnemers gekies word en of dit tot werklike…
5 May 12AM 1 min