
Kaapstad se Ilana Steyn aangewys as SACBW se Sakevrou van die Jaar
Loading player...
In hierdie week se Kameropdatering fokus ons op die Suid-Afrikaanse Raad vir Sakevroue (SACBW), wat onlangs uitsonderlike vroulike leiers van regoor die land vereer het. Kaapstad se Ilana Steyn, besturende direkteur van Company Partners, is aangewys as die Nasionale Sakevrou van die Jaar. Sy gesels met ons oor die betekenis van die toekenning en die SACBW se missie om vroue in besigheid regoor Suid-Afrika te bemagtig.





