
SA se Jarvis vat eerste Sonskyntoer-titel
Loading player...
Casey Jarvis van Suid-Afrika het sy eerste Sonskyntoer-titel by die Hyundai Ope op die Ebotse Golf and Country Estate in Benoni gewen. Die 22-jarige het klaar gemaak met 68 op 23 onder baansyfer. Sy vriend en landgenoot Ryan van Velzen het tweede geëindig op 22 onder. Die Sonskyntoer-groentjie Warwick Purchase was derde met 20 onder op 68, en is in die wedloop vir die Fortress Nuweling van die Jaar-titel. Jarvis sê die laaste ronde was moeilik:

