Vlugte in VSA in erge gedrang

Loading player...
Amerika se minister van Vervoer, Sean Duffy, waarsku die situasie gaan vererger omdat gekanselleerde vlugte en vertragings gaan toeneem. Byna 3 000 vlugte na, van en in die Verenigde State is die naweek gekanselleer nadat die Federale Lugvaartadministrasie vlugte by 40 van die land se besigste lughawens ingekort het. Duffy het aan CNN gesê die verminderde vlugte kan tot 20 persent styg indien die regeringsluiting nie vinnig beëindig word nie:
10 Nov 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Opname oor finansiële insluiting is voltooi

Die Namibië Statistieke-agentskap het die data-insameling van die 2025 Finansiële Insluitingsopname, wat op 6 Oktober begin het, afgesluit. Die opname was daarop gemik om data te kry oor hoe individue en huishoudings finansiële dienste verkry en gebruik. Dit is in 1 960 huishoudings in al 14 streke uitgevoer, ondersteun deur…
10 Nov 1AM 1 min

Gesamentlike poging teen SA se tienerswangerskappe

Die Departement van Vroue, Jeug en Persone met Gestremdhede sê hulle werk aan 'n gesamentlike poging om die plaag van tienerswangerskappe in Suid-Afrika te beëindig. Die departement se woordvoerder, Cassius Selala, sê dit sluit in die regering, burgerlike samelewingsorganisasies, nie-regeringsorganisasies, VN-organisasies en akademiese instellings. Hy sê huidige benaderings is te…
10 Nov 1AM 1 min

SA se Jarvis vat eerste Sonskyntoer-titel

Casey Jarvis van Suid-Afrika het sy eerste Sonskyntoer-titel by die Hyundai Ope op die Ebotse Golf and Country Estate in Benoni gewen. Die 22-jarige het klaar gemaak met 68 op 23 onder baansyfer. Sy vriend en landgenoot Ryan van Velzen het tweede geëindig op 22 onder. Die Sonskyntoer-groentjie Warwick Purchase…
10 Nov 12AM 1 min

Ombud se fokus op hekseryverwante misbruik, verwelkom

Die uitvoerende hoof van Alzheimer Dementia Namibia, Berrie Holtzhausen, het die Ombudsman se besluit om hekseryverwante misbruik aan te spreek, verwelkom en dit 'n stap in die regte rigting genoem. Holtzhausen het in 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus gesê dat meer bewustheid dringend nodig is om die vrees, stigma…
10 Nov 12AM 1 min

Landdroste sê nee, sloerstaking duur vandag voort

Justisieminister Wise Immanuel het die sloerstaking van landdroste onwettig verklaar en beveel dat alle landdroste vandag weer op hul pos moet wees of die gevolge van hul aksie gaan dra. ‘n Nuwe vergoedingspakket is die afgelope naweek deur justisie en die Landdrostevereniging beding, maar moet nog deur Immanuel onderteken word…
9 Nov 11PM 1 min