Opname oor finansiële insluiting is voltooi

Loading player...
Die Namibië Statistieke-agentskap het die data-insameling van die 2025 Finansiële Insluitingsopname, wat op 6 Oktober begin het, afgesluit. Die opname was daarop gemik om data te kry oor hoe individue en huishoudings finansiële dienste verkry en gebruik. Dit is in 1 960 huishoudings in al 14 streke uitgevoer, ondersteun deur 198 veldpersoneel wat vir die proses gewerf is. Die agentskap se woordvoerder, Mirjam Shihepo, het meer.
10 Nov 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Shikongo vra verdraagsaamheid teenoor Angolese

Nampol se inspekteur-generaal, Luitenant-generaal Joseph Shikongo, doen 'n beroep op Namibiërs om groter verdraagsaamheid teenoor Angolese burgers te toon. Daar is spanning oor toenemende informele handelaars in die noorde. Hy het burgers daaraan herinner dat Angola 'n belangrike bondgenoot was tydens Namibië se bevrydingstryd, en duisende vryheidsvegters gehuisves het sonder…
10 Nov 3AM 1 min

Enoch moet toelae beskerm teen inflasie tydens begroting

Cosatu doen 'n beroep op die regering en die Nasionale Tesourie om die maatskaplike toelaes en die maatskaplike toelaag vir die verligting van nood teen inflasionêre erosie te beskerm. Die vakbond se oproep kom in die aanloop tot die minister van Finansies, Enoch Godongwana, se voorleggings Woensdag in die Parlement…
10 Nov 3AM 1 min

FNB-ekonoom sê oor skuld

Huishoudelike lenings het verlede maand effens toegeneem en gestyg tot 3,4 persent in September vanaf 2,8 persent in Augustus, volgens die jongste FNB Namibië-verslag. Terwyl korporatiewe kredietgroei tot 9,5 persent afgeneem het, het algehele privaatsektorlenings 'n beskeie styging getoon en 5,9 persent jaar-op-jaar bereik. FNB-ekonoom Cheryl Emvula het meer.
10 Nov 2AM 1 min

Alcaraz begin op wennoot in Turyn

Die topgekeurde Carlos Alcaraz het sy strewe na ʼn eerste ATP-jaareindtoernooi-titel en die eerste plek op die wêreldranglys in Turyn, Italië, op ʼn wen-noot afgeskop. Die 22-jarige Spanjaard het die Australiër, Alex de Minaur, geklop in sy eerste Jimmy Connors-groepwedstryd. In die Bjorn Borg-groep het die tweemalige wenner, Alexander Zverev,…
10 Nov 2AM 1 min

Gesamentlike poging teen SA se tienerswangerskappe

Die Departement van Vroue, Jeug en Persone met Gestremdhede sê hulle werk aan 'n gesamentlike poging om die plaag van tienerswangerskappe in Suid-Afrika te beëindig. Die departement se woordvoerder, Cassius Selala, sê dit sluit in die regering, burgerlike samelewingsorganisasies, nie-regeringsorganisasies, VN-organisasies en akademiese instellings. Hy sê huidige benaderings is te…
10 Nov 1AM 1 min