FNB-ekonoom sê oor skuld

Loading player...
Huishoudelike lenings het verlede maand effens toegeneem en gestyg tot 3,4 persent in September vanaf 2,8 persent in Augustus, volgens die jongste FNB Namibië-verslag. Terwyl korporatiewe kredietgroei tot 9,5 persent afgeneem het, het algehele privaatsektorlenings 'n beskeie styging getoon en 5,9 persent jaar-op-jaar bereik. FNB-ekonoom Cheryl Emvula het meer.
10 Nov 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Ondersoek na manipulering van rand vorder te stadig

Die Forum for South Africa sê hy is diep ontsteld oor die stadige ondersoek na bewerings van manipulering van die wisselkoers tussen die rand en die Amerikaanse dollar deur verskeie groot plaaslike en internasionale banke. Die FOSA-leier, Tebogo Mashilompane, sê handelaars het saamgespan om pryse vas te stel, tenders te…
10 Nov 5AM 1 min

Johanna Swartbooi skitter in Thailand

Mej. Heelal Namibië 2025, Johanna Swartbooi, maak gereed om op die wêreldverhoog te skitter. Sy het vanuit Thailand Namibiërs bedank vir hul onwrikbare ondersteuning en gesê elke stem, boodskap en gejuig raak haar hart. Die kompetisie sal sy finale op 21 November hê.
10 Nov 5AM 1 min

Gariseb en kie wend hulle aan Verkiesingstribunaal

Die Kieshof het die aansoek van die Khomas Residents and Ratepayers Association van die hand gewys. Die vereniging wou die Verkiesingskommissie dwing om sy kandidate vir die komende Windhoek Stadsraadsverkiesing te registreer. In die uitspraak wat vanoggend gelewer is, het adjunk-regterpresident Hannelie Prinsloo gesê die hof het nie jurisdiksie om…
10 Nov 5AM 1 min

Wydverspreide reën vanaf Woensdag verwag

Vooruitsigte vir reën later die week, oor groot dele van die land, is uiters belowend. Weerkenner George van der Merwe sê die bo-lug stelsels en winde vertoon uiters gunstig en dat neerslae Woensdag kan begin.
10 Nov 5AM 1 min

Mbalula sê Trump se G20-aanmerkings is imperialistiese inmenging

Die ANC se sekretaris-generaal Fikile Mbalula sê die G20-leiersberaad sal voortgaan met of sonder die VSA se verteenwoordiging. Dit volg nadat president Donald Trump verklaar het dat hulle die beraad gaan boikot. Hy het op sy Truth Social-platform gesê dit is 'n totale skande dat die G20 in Suid-Afrika gehou…
10 Nov 3AM 1 min