
Mbalula sê Trump se G20-aanmerkings is imperialistiese inmenging
Loading player...
Die ANC se sekretaris-generaal Fikile Mbalula sê die G20-leiersberaad sal voortgaan met of sonder die VSA se verteenwoordiging. Dit volg nadat president Donald Trump verklaar het dat hulle die beraad gaan boikot. Hy het op sy Truth Social-platform gesê dit is 'n totale skande dat die G20 in Suid-Afrika gehou sal word, aangesien Afrikaners uitgemoor word, en daar onwettig op hul grond en plase beslag gelê word. Mbalula het aan eNCA gesê Trump se stellings is vals en imperialistiese inmenging:

