
Gariseb en kie wend hulle aan Verkiesingstribunaal
Loading player...
Die Kieshof het die aansoek van die Khomas Residents and Ratepayers Association van die hand gewys. Die vereniging wou die Verkiesingskommissie dwing om sy kandidate vir die komende Windhoek Stadsraadsverkiesing te registreer. In die uitspraak wat vanoggend gelewer is, het adjunk-regterpresident Hannelie Prinsloo gesê die hof het nie jurisdiksie om die saak aan te hoor nie. Kosmos 94.1 Nuus het met die vereniging se sekretaris-generaal, Shaun Gariseb, gepraat, wat gesê het dat hulle die saak na die Verkiesingstribunaal sal neem.

