Johanna Swartbooi skitter in Thailand

Loading player...
Mej. Heelal Namibië 2025, Johanna Swartbooi, maak gereed om op die wêreldverhoog te skitter. Sy het vanuit Thailand Namibiërs bedank vir hul onwrikbare ondersteuning en gesê elke stem, boodskap en gejuig raak haar hart. Die kompetisie sal sy finale op 21 November hê.
10 Nov 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

CCTV, tegnologie help Oshana-polisie om misdaad te takel

Oshana-polisie se streekbevelvoerder, kommissaris Naftal Sakaria, sê misdaad in die streek het met 12,5 persent gedaal. Hy loof nuwe tegnologie, insluitend CCTV-kameras wat by brandpunte in Oshakati, Ongwediva en Ondangwa geïnstalleer is, vir die bevordering van polisie-ondersoeke en die versnelling van arrestasies. Met virtuele patrollies nou deel van 'n veiligheidsbelegging…
10 Nov 7AM 1 min

AfriForum ondersoek 1978-moord deur ANC-insypelaars

Die familie van die burgerlike Jaap van der Merwe, wat in 1978 deur ANC-insypelaars vermoor is naby die grens met Botswana, het AfriForum amptelik versoek om antwoorde te vind oor moontlike politieke inmenging met die vervolging van 'n geïdentifiseerde verdagte. Sy liggaam is nooit gevind nie. AfriForum se uitvoerende hoof,…
10 Nov 7AM 1 min

Unesco werk hard vir billike toegang, vryheid en regte

By die 43ste Unesco Algemene Konferensie in Samarkand, Oesbekistan, het Elizabeth Amagola, adjunkdirekteur vir mediaskakeling by die inligtingsministerie, Unesco geprys vir sy voortgesette pogings om vryheid van spraak, toegang tot inligting en die veiligheid van joernaliste te bevorder. Sy het gesê dat Namibië sterker maatreëls ondersteun om inheemse tale in…
10 Nov 5AM 1 min

Ondersoek na manipulering van rand vorder te stadig

Die Forum for South Africa sê hy is diep ontsteld oor die stadige ondersoek na bewerings van manipulering van die wisselkoers tussen die rand en die Amerikaanse dollar deur verskeie groot plaaslike en internasionale banke. Die FOSA-leier, Tebogo Mashilompane, sê handelaars het saamgespan om pryse vas te stel, tenders te…
10 Nov 5AM 1 min

Gariseb en kie wend hulle aan Verkiesingstribunaal

Die Kieshof het die aansoek van die Khomas Residents and Ratepayers Association van die hand gewys. Die vereniging wou die Verkiesingskommissie dwing om sy kandidate vir die komende Windhoek Stadsraadsverkiesing te registreer. In die uitspraak wat vanoggend gelewer is, het adjunk-regterpresident Hannelie Prinsloo gesê die hof het nie jurisdiksie om…
10 Nov 5AM 1 min