
Burgerlugvaartowerheid teken groot finansiële herstel aan
Loading player...
Die Namibiese Burgerlugvaartowerheid het 'n jaar van merkwaardige finansiële herstel beleef met die vermindering van sy operasionele verlies tot slegs 1 miljoen Namibiese dollar, vergeleke met 8 miljoen dollar in die vorige jaar. Dit is volgens die owerheid se jaarverslag vir die tydperk wat eindig Maart 2025. Die owerheid het 'n omvattende wins van 52 miljoen dollar behaal, teenoor die 25 miljoen dollar wat voorheen aangeteken is. Woordvoerder Neslon Ashipala het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die owerheid ook 'n ongekwalifiseerde ouditmening behaal het.

